Kort nuus – Internasionaal

Mianmar
Reuters-joernaliste gevonnis

Wa Lone en Kiaf Soe Oo is deur regter Ye Lwin gevonnis in ’n saak wat gesien word as ’n toets vir demokrasie in die land.

Die regter sê hulle het die veiligheidswet oortree toe hulle vertroulike dokumente verkry het.

“Die skuldiges het die veiligheidswet oortree en word tot sewe jaar gevonnis. Die tyd wat hulle sedert 12 Desember uitdien, sal in ag geneem word.”

Die joernaliste het aan die hof gesê dat twee polisielede dokumente aan hulle oorhandig het by ’n restaurant in Yangon toe hulle in hegtenis geneem is.

Hulle was besig met ’n ondersoek na die massamoord van die Rohingia-mense en ander vergrype deur soldate en die polisie in Inn Din, ’n dorpie in Rakhine in die weste van Mianmar, toe hulle in Desember verlede jaar aangekeer is. – Netwerk24

Sirië
Pous pleit vir Idlib-burgers se menseregte

Pous Franciskus het Sondag ’n beroep op alle partye in Sirië gedoen om die menseregte van die burgerlikes in Idlib te beskerm. Idlib is die laaste rebellevesting in die noorde van die land en word in die gesig gestaar deur ’n aanval van die regeringsmagte.

Ná bykans sewe jaar van burgeroorlog is die provinsie Idlib en die omliggende gebiede die laaste enklawe in die hande van rebellegroepe.

“Ek herhaal my beroep op die internasionale gemeenskap en almal wat betrokke is by die diplomasie, gesprekvoering en onderhandeling om die menseregte van burgerlikes in die gebied te bewaar.”

Sirië het reeds verlede Donderdag gesê hy sal probeer om burgerlike ongevalle te vermy.

Meer as die helfte van die bewoners van Idlib is reeds ontheemdes wat weens die burgeroorlog hul huise verloor het. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!