Kort nuus – Internasionaal
Amerika
Trump waarsku oor ‘ernstige fout’ in Sirië
Pres. Donald Trump het die Siriese regering, asook sy Russiese en Iranese bondgenote, gewaarsku ná ’n “roekelose” aanval op die Idlib-provinsie wat deur rebelle geteister word.
Die Amerikaanse president het in ’n twiet gewaarsku oor “’n ernstige humanitêre fout” waarin duisende mense doodgemaak kan word.
Die Siriese regering berei hom glo voor op ’n groot aanval teen dié provinsie, berig die BBC.
Die Verenigde Nasies sê die soort aanval kan rampspoedige gevolge vir duisende burgerlikes inhou.
Die Amerikaanse staatsdepartement het ook Maandag gewaarsku dat Washington op chemiese aanvalle deur die Siriese regering en sy bondgenote sal reageer.
Die meeste van die rebelle in Sirië is verslaan en dus kan dié aanval een van die laaste groot gevegte in die burgeroorlog in die land wees. – Netwerk24
Iran
‘Iran moet verdediging verskerp’
Die leier van Iran het die land se gewapende magte opdrag gegee om sy verdedigingsvermoë te verskerp aangesien die spanning met Amerika toeneem.
Die ajatolla Ali Chamenei sê hoewel ’n oorlog onwaarskynlik is, moet die land waaksaam wees.
Iran het Saterdag aangekondig hy beplan om meer ballistiese en kruisermissiele asook moderne vegvliegtuie en duikbote aan te skaf nadat Amerika hom onlangs aan ’n kernwapenooreenkoms met Iran onttrek het en sanksies teen die land heringestel het.
Chamenei sê die lugmag is ’n belangrike deel van die gewapende magte en aan die voorpunt om die vyand te konfronteer. Daarom is dit belangrik om sy gereedheid en vaardighede te verskerp.
Mohammad Djawad Zarif, Iran se minister van buitelandse sake, het in Damaskus, hoofstad van Sirië, ’n ooreenkoms tussen die twee lande onderteken, het die nuusagentskap Tasnim berig.
Iran steun pres. Basjar al-Assad in Sirië se burgeroorlog. - Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie