Kort nuus – Internasionaal

Mexiko

Mexikane soek tussen 174 lyke na hul geliefdes

Nadat die polisie in Mexiko verlede week afgekom het op onder meer 166 skedels en 32 grafte is die families van mense wat vermis word, ontbied om te kom kyk of die oorskotte van hul geliefdes onder die beendere is.

Die polisie het verlede week die grusame ontdekking in die suidelike staat Veracruz gemaak nadat ’n anonieme oproep ontvang is.

Nadere ondersoek het aan die lig gebring dat minstens 174 lyke daar begrawe is. Dit blyk dat die lyke sowat twee jaar gelede begrawe is. Die naasbestaandes is gesigmaskers gegee vir wanneer hulle met die oorskotte in die lykshuis in aanraking kom. Jorge Winckler, Veracruz se staatsaanklaer, het gesê om veiligheidsredes word die plek waar die lyke gevind is, nie bekend gemaak nie, berig The New York Post. – Netwerk24/Reuters

Mianmar

Joernaliste se vonnis regverdig, meen leier

Die leier van Mianmar, Aoeng San Soe Kji, het gister gesê die twee joernaliste van die nuusagentskap Reuters wat onlangs tronkstraf opgelê is, kan teen hul vonnis van sewe jaar appelleer, hoewel sy meen die vonnis is geregverdig.

Soe Kji sê die joernaliste se tronkstraf het niks met vryheid van spraak te doen nie.

Wa Lone (32) en Kjaw Soe Oo (28) is skuldig bevind kragtens die veiligheidswet van 1923. Dit hou verband met ’n koerantberig waarin beweer is ’n militêre basis in die land vervaardig chemiese wapens.

“Hulle is nie toegesluit omdat hulle joernaliste is nie. Hulle is toegesluit, want die hof het beslis hulle het die wet oortree,” het sy gesê.

Die hofbeslissing word gesien as ’n toets vir die vordering van demokrasie in Mianmar. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!