Kort nuus u2013 Internasionaal
Kort nuus u2013 Internasionaal

Kort nuus – Internasionaal

Pakistan

Khan se plan met luukse staatsmotors misluk

Koeëlvaste Jeeps en helikopters was ’n groot trekpleister vir die honderde mense wat gestroom het na ’n veiling van staatsmotors in Pakistan, maar hulle het eerder kom kyk as om te koop, blyk dit uit die karige opbrengs.

Die veiling is deur Imran Khan, krieketlegende en nou ook premier van die land, gereël. Die 100 voertuie, wat aangekoop is deur sy voorgangers, sou volgens Khan ’n bron van inkomste vir sy regering wees en is een van vele maatreëls wat hy voorgestel het om geld te bespaar en Pakistan se massiewe skuldprobleme te pak.

Die veiling het egter ’n skamele 200 miljoen roepees (sowat R2 380 000) vir die staatskoffers opgelewer.

Geo TV, ’n private televisiekanaal in Pakistan, berig dat net 61 voertuie verkoop is. Kritici sê Khan se kostebesparings was tot dusver meestal oppervlakkig. Pakistan word tans verlam deur ’n fiskale tekort van byna 1,7 triljoen roepees. –Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!