Kort nuus – Internasionaal
Amerika
Trump se ambassadeur by VN bedank
Nikki R. Haley, pres. Donald Trump se ambassadeur by die Verenigde Nasies (VN) het Dinsdag bedank.
Volgens The New York Times was Haley ’n vurige kritikus van Trump se gedrag. Sy het selfs gesê dat sy uitsprake ’n wêreldoorlog kan ontketen. Sy het ook gesê dat die vroue wat Trump van onbehoorlike seksuele gedrag beskuldig “aangehoor moet word”.
Haley het gereeld met Rex W. Tillerson, haar regstreekse hoof, swaarde gekruis nadat sy aangesê is dat haar openbare opmerkings eers deur die regering goedgekeur moet word.
The Guardian berig dat Haley verlede week haar bedanking op ’n vergadering met Trump in die Withuis bespreek het. Geen redes vir haar bedanking is onmiddellik bekend gemaak nie, hoewel Trump Dinsdag op Twitter gesê het dat ’n groot aankondiging rakende Nikki Haley voor die deur is. – Netwerk24
Oekraïne
1 000’e ontruim toe ammunisie ontplof
Nagenoeg 12 000 mense is Dinsdag na veiligheid gebring nadat ’n ammunisie-opslagplek in die noorde van die Oekraïne ontplof en dit tot massiewe brande gelei het.
Sky News berig die veiligheidsmagte skakel nie die moontlikheid van sabotasie uit nie. Die opslagplek was naby die dorpie Droesba. Niemand is in die ontploffing dood nie, maar bykans 60 mense moes weens rookinaseming mediese behandeling ontvang.
Grys en wit rookwolke het oral uitgeborrel nadat vier ontploffings verskillende punte van die ammunisie-opslagplek geruk het. CBC berig die owerhede het alle pad- en spoorvervoerroetes in die gebied gesluit. - Netwerk24
Rusland
Russe se vertroue in Poetin daal skerp
Vertroue in pres. Wladimir Poetin van Rusland en sy regerende party het skerp afgeneem in die afgelope jaar.
The Guardian berig analiste skryf dit hoofsaaklik toe aan die regering se omstrede veranderinge aan pensioenvoorwaardes.
Poetin het verlede week ’n wet bekragtig wat die aftreeouderdom van Russe met vyf jaar verleng tot 60 vir vroue en 65 vir mans. Dit is die eerste opwaartse aanpassing sedert die 1930’s.
In ’n meningsopname wat deur die Levada-sentrum – ’n onafhanklike navorsingsorganisasie in Rusland, gedoen is, het slegs 39% van Russe aangedui dat hulle Poetin vertrou. Dit is ’n afname van 20 persentasiepunte sedert November 2017 toe 59% Russe hom vertrou het. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie