Kort nuus – Internasionaal

Amerika
Orkaan Michael is 'soos die hel'

Die orkaan Michael was 'n volsterkte kategorie 4-orkaan toe dit die Amerikaanse deelstaat Florida Woensdagaand omstreeks 20:00 (Suid-Afrikaanse tyd) getref het.

Een persoon is dood toe 'n boom op 'n huis in die voorstad Greensboro geval het.

Timothy Thomas, 'n inwoner, het gesê “ ’n deel van die hel tref ons” toe hy die situasie beskryf, berig CNN.

Huise was onder water en bome het soos takkies geknak, berig BBC.

’n Halfmiljoen mense is sonder krag in Florida en die aangrense deelstate van Alabama en Georgia. Die wind het huise se vensters uitgeruk en die federale bank se gebou is erg beskadig.

Die storm het verswak soos dit na die binneland beweeg. – Netwerk24/Reuters

Majorka
5 dood in vloede op Spaanse eiland

Minstens vyf mense is Dinsdagaand dood weens kits-oorstromings en vloede op die Spaanse eiland van Majorka, het die owerhede daar Woensdag bekend gemaak.

Luidens CNN het die Britse buitelandse kantoor bevestig dat twee van die oorledenes Britte is, maar daar is nie verdere besonderhede gegee nie.

Die oorstromings en vloede volg nadat 200 mm reën binne vier uur in die omgewing van die dorpie Sant Llorenc geval het, berig Sky News.

Altesaam 12 mense word nog vermis ná die oorstromings en die plaaslike owerhede het 100 reddingswerkers en 80 soldate na die rampgebied gestuur, berig Sky News verder. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!