Kort nuus – Internasionaal
Australië
Lorrie hang oor brug, bestuurder ontkom net-net
’n Vragmotor wat Dinsdag oor die rand van ’n brug getuimel het, het motoriste na hul selfone laat gryp om video’s te neem.
Die bestuurder het klaarblyklik ook ternouernood ontkom nadat net die romp van die vragmotor oor die brug gehang het.
Hy kon ook nie inderhaas uit die wrak gehaal word nie aangesien brandstof uit die wrak begin tap en ’n lewendige kragkabel van 6 000 volt daar naby gesis het, berig news.com.au.
Die toneel moes eers beveilig word, maar reddingswerkers kon die brandstoflekkasie stop. Die bestuurder het net ’n paar minder ernstige beserings opgedoen, berig The Age.
Paaie is gesluit en motoriste is vir ure lank ontwrig op die Calder-snelweg noord van Melbourne nadat die vrag met pluimveeprodukte oor Green Gully-pad wat onder die brug deurloop, uitgeval het, berig BBC.
Owerhede sou deurnag werk om die pad van bevrore pluimveeprodukte skoon te maak, sê die Daily Mail. - Netwerk24
Kaboel
Bom eis 40 in saal
Ten minste 40 mense is Dinsdag in ’n bomontploffing in ’n saal in die Afghaanse hoofstad, Kaboel, dood waar honderde geestelikes bymekaar gekom het.
Die BBC berig dat gesondheidsowerhede bevestig het ’n verdere 60 mense is in die ontploffing op ’n byeenkoms van geestelikes in die Uranus-saal in die PD15-distrik beseer. Dit was vermoedlik die handewerk van ’n selfmoordbomaanvaller.
Die byeenkoms is gehou om die verjaardag van die profeet Mohammed te vier.
Die Taliban sowel as die terreurgroep die Islamitiese Staat loods gereeld bomaanvalle in Afghanistan. Niemand het egter nog verantwoordelikheid vir Dinsdag se ontploffing aanvaar nie.
Die sterftesyfer word deur die owerhede as die ergste die afgelope paar maande beskou. Volgens ooggetuies was daar honderde mense in die saal toe die bom ontplof.
The Washington Post berig dat Dinsdag se aanval die eerste in sy soort teen ’n godsdienstige Sunni-byeenkoms in Afghanistan is.
Honderde mense het aan die seremonie deelgeneem wat die moontlikheid verhoog dat die amptelike sterftesyfer verder kan styg. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie