Kort nuus - Internasionaal

Frankryk

2 gesoek nadat vegvliegtuig neerstort

Nooddienspersoneel in die ooste van Frankryk soek na twee bemanningslede van ’n vegvliegtuig wat Woensdag in ’n bergagtige gebied neergestort het.

Die BBC berig die wrakstukke van die Mirage 2000-D is naby Mignovillard in die Jura-distrik op ’n hoogte van 1 000 m (3 280 voet) gevind.

Dit het die oggend tydens ’n oefenvlug op ’n lae hoogte van die radar verdwyn, berig AFP.

“Ons hoop om hulle lewend te vind,” het ’n woordvoerder van die lugmag gesê.

Daar was geen kontak met die vlieënier en die navigator sedert die vliegtuig verdwyn het nie.

Kol. Cyrille Duvivier, woordvoerder van die lugmag, sê daar was geen teken dat die twee hulself uit die tuig geskiet het nie.

Oor berugte dat ’n valskerm naby die wrakstukke gevind is, sê hy dat dit te vroeg is om te sê of dit aan die bemanningslede behoort of die vliegtuig.

Die vliegtuig het rondom 11:00 van die radar verdwyn kort nadat dit van die Nancy-Ochey-lugmagbasis opgestyg het.

Die gebied het die laaste paar dae hewige sneeustortings gehad, wat lae sigbaarheid veroorsaak en die soektog kan bemoeilik. – Netwerk24

Amerika

Moord ná 27 jaar opgelos met DNS

’n Stokou moordsaak is opgelos toe die halfsuster van ’n moordenaar se DNS op die algemene register geplaas is omdat sy haar genealogiese geskiedenis wou naspeur.

Die polisie kon met behulp van haar DNS ’n verband trek met DNS wat in 1992 op ’n moordtoneel gevind is, wat hulle na ’n verdagte gelei het.

Raymond Charles Rowe (50), ’n platejoggie in die Amerikaanse deelstaat Pennsilvanië, is Dinsdag lewenslange tronkstraf, sonder die moontlikheid van parool, opgelê.

Die platejoggie het ’n nuwe deuntjie in die hof gesing toe hy om verskoning gevra het dat hy die vrou vermoor het.

Christy Mirack (25) is 27 jaar gelede, net vier dae voor Kersfees, vermoor, berig Fox News.

Die skoolhoof het die laerskoolonderwyseres dood in haar woonstel aangetref nadat hy gaan ondersoek instel het omdat sy nie vir werk opgedaag het nie.

Volgens MailOnline het die speurders Rowe se DNS bekom toe hulle verlede jaar monsters van ’n waterbottel en kougom bekom het by ’n skool waar hy as platejoggie opgetree het. Dit was dieselfde DNS as wat op die moordtoneel gevind is.

DJ Freez is reeds in Junie 2018 aangekeer en het nie ver van die moordtoneel af gewoon nie.

Mirack is glo met ’n houtplank aangerand. Sy het ’n gebreekte kakebeen gehad en is met haar eie oortrektrui verwurg. Sy is ook wreed seksueel aangerand. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!