Kort nuus – Internasionaal
Sirië
Israeli-weermag begin met aanvalle
Die Israeli-weermag het gister gesê dat hy die Iranse Quds-mag, ’n elite-eenheid van Iran se revolusionêre wag, oornag in Sirië aangeval het en het daarna ’n waarskuwing aan Siriese magte gerig om nie die Israeli-gebied of magte aan te val nie.
Teen 08:30 Maandagoggend is dit deur Arab News en AFP berig dat minstens 11 mense dood is. Meer inligting was nog nie beskikbaar nie.
Die Siriese staatsmedia sê Israel het ’n intense aanval begin deur missiele af te vuur, maar dat die Siriese lugmag dié “vyandelike teikens” vernietig het.
Mense in Damaskus sê harde ontploffings is vir byna ’n uur lank gehoor.
Israel se weermag het in ’n verklaring bevestig hy het begin met ’n aanval op Iranse magte in Sirië. Vroeër het Benjamin Netanyahu, Israelse premier, gesê sy land het ’n permanente beleid in plek om Iran se verskansings in Sirië aan te val en “om wie ook al probeer om ons seer te maak, terug seer te maak”.
Daar was vroeër Sondag oorgrens-aanvalle waartydens Sirië glo ’n lugaanval deur Israel afgeweer het. Israel beweer hy het vroeër ’n vuurpyl uit Sirië oor die Israel-beheerde Golan-hoogland afgeskiet. – Netwerk24/Reuters
Mexiko
Dodetal nou 85 nadat pyplyn ontplof
Die dodetal nadat ’n beskadigde brandstofpyplyn in Mexiko ontplof het, het teen Maandagoggend tot 85 gestyg.
Jorge Alcocer Varela, die minister van gesondheid in Mexiko, sê minstens 58 mense is in die hospitaal opgeneem.
Die pyplyn het Vrydag in Tlahuelilpan, Mexiko, ontplof.
Soos vroeër berig, het mense voor die ontploffing video’s geneem van gesinne wat die “gratis” brandstof uit die beskadigde pyplyn in plastiese houers tap en uitbundig lag.
Blykbaar was daar soldate op die toneel, maar hulle kon die tussen 600 en 800 mense nie beheer nie.
Die beskadigde pyplyn het aan die brand geslaan sowat twee uur nadat die regering van die lekkasie bewus geword het.
Alfonso Durazo, minister van openbare veiligheid, sê die Mexikaanse staatsbeheerde oliemaatskappy Pemex het nie die klep van die lekkende pyplyn toegedraai nie omdat hy dit nie as ’n “belangrike lekkasie” beskou het nie. – Netwerk24/Reuters
Afghanistan
12 dood toe Taliban by militêre basis toeslaan
Die Taliban in Afghanistan het minstens 12 mense Maandag op 'n militêre basis met 'n motorbom aangeval en vermoor.
Minstens 28 beamptes is tydens dié aanval in die Maidan Wardak-provinsie beseer.
Die Taliban het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar.
Die militante het 'n motorbom laat afgaan, waarna twee militante met vuurwapens op die basis losgebrand het. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie