Kort nuus u2013 Internasionaal
Kort nuus u2013 Internasionaal

Kort nuus – Internasionaal

Amerika

Trump lewer staatsrede op 5 Februarie

Pres. Donald Trump van Amerika het Nancy Pelosi, speaker van die huis van verteenwoordigers, se uitnodiging om sy staatsrede te lewer, aanvaar.

Hy het Pelosi in ’n brief vir dié uitnodiging bedank en sê dit is vir hom ’n groot eer.

Sy het hom aanvanklik die huis van verteenwoordigers verbied en voorgestel dat hy sy staatsrede – wat op 29 Januarie gehou sou word – uitstel weens die toe voortslepende sluiting van die regering.

Trump het aanvanklik die regering gesluit nadat die Demokrate geweier het om aan hom US$5,7 miljard vir ’n grensmuur tussen Amerika en Mexiko te gee.

Die geskil is intussen tydelik bygelê en Trump sal die staatsrede nou op 5 Februarie lewer nadat hy Vrydag die regering vir drie weke oopgestel het.

Dit is die gebruik dat ’n president net op uitnodiging die senaat mag toespreek.

In reaksie op Pelosi se besluit om Trump die huis van verteenwoordigers te verbied, het hy uitgelap dat sy beplan om Afghanistan, Brussel en Egipte te besoek. Reise na oorloggeteisterde gebiede word gewoonlik om veiligheidsredes ’n geheim gehou.

Hy het haar ook die gebruik van ’n militêre vliegtuig belet. Sy wou die Amerikaanse troepe besoek om hulle vir hul diens te bedank. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!