Kort nuus – Internasionaal
Mianmar
Hof weier joernaliste se appèl
’n Hooggeregshof in Mianmar het twee joernaliste van Reuters se appèl teen hul vonnis van sewe jaar tronkstraf van die hand gewys.
Volgens die hof het die joernaliste nie voldoende bewyse gelewer dat hulle onskuldig is nie.
Wa Lone (32) en Kiaw Soe Oo (28) is in September gevonnis omdat hulle die land se wet op ampsgeheime verbreek het.
“Dit was ’n geskikte straf,” het regter Aoeng Naing in die hooggeregshof gesê.
Die hofsaak is een van die optredes van dié land se regering wat veroorsaak dat sy verbintenis tot demokrasie bevraagteken word. Die saak jaag ook diplomate en menseregtegroepe die harnas in.
“Vandag se uitspraak is net nog ’n onreg teenoor Wa Lone en Kiaw Soe Oo. Hulle bly om net een rede agter tralies: Die regering wil die waarheid onderdruk,” sê Stephen Adler, hoofredakteur van Reuters, in ’n verklaring. – Netwerk24/Reuters
China
Nuwe missiel kan eiland Guam tref
China se weermag het sy DF-26- intermediêre ballistiese missiel, wat glo bewegende skepe kan tref, in ’n proefneming afgevuur.
Die Chinese beweer ook die missiel beskik oor ’n reikafstand wat ver genoeg is om die Amerikaanse grondgebied op die eiland Guam te tref, berig ABC News.
Volgens CNN het die Chinese staatsbeheerde media skerp gereageer om die missiel, met die bynaam “Guam Killer”, te verdedig nadat CNN vroeër die wapen se vermoëns in twyfel getrek het.
China se departement van verdediging het vroeër gesê die DF-26-missiel kan ’n konvensionele kernplofkop dra.
’n Kort video wat die missiel se gevorderde tegnologie ten toon stel, is Donderdag vir die eerste keer in China uitgesaai en is Maandag opgevolg deur ’n reeks berigte wat die bewerings in die video staaf dat die missiel bewegende vliegdekskepe kan tref.
Die mediablootstelling blyk deel te wees van ’n propagandaveldtog met die doel om binnelandse gehore te beïndruk terwyl China ook sy militêre mag op die internasionale front wil beklemtoon, berig CNN. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie