Kort nuus – Internasionaal
Frankryk
Vrou aangekeer ná brand in Parys
’n Vrou (40) “met ’n geskiedenis van geestesgesondheidsprobleme” is in hegtenis geneem ná ’n verwoestende brand in Parys, Frankryk.
Minstens 10 mense is dood en 36 beseer in die brand in ’n luukse woonstelblok van agt verdiepings.
Kapt. Clement Cognon van die Parys-brandweer sê dit was ’n besonder verwoestende brand. Lede van die brandweer het lere gebruik om inwoners wat op balkonne vasgekeer was te red.
Emmanuel Grégoire, stadsbestuurder, sê in sy twiet die brand het kort ná middernag op die boonste verdieping van die woonstelblok uitgebreek. Die slagoffers was almal inwoners van die gebou naby die Parc des Princes-sokkerstadion en die Roland Garros-tennisbaan.
Anne Hidalgo, burgemeester van Parys, skryf op Twitter die stad is in rou gedompel. – Netwerk24
Australië
2 lyke ná oorstromings gekry
Die lyke van twee mans is ná die verwoestende oorstromings in Queensland, Australië, in ’n stormwaterdrein in Townsville gevind.
Die skade wat deur die oorstromings aangerig is, is na raming meer as A$32,6 miljoen.
“Die lyke is in Aitkenvale gekry en is geïdentifiseer. Die mans se naasbestaandes is reeds ingelig,” het die polisie in ’n verklaring gesê sonder om die oorsaak van die mans se dood bekend te maak.
Meer as 1 100 mense het Maandag hul huise ontruim nadat die sluise van ’n dam in die Rossrivier naby die stad oopgemaak is. Krokodille is selfs in die strate gesien.
“Namate die watervlak daal en ons van die reaksiefase na die herstelfase oorgaan, sal daar groot skokke vir die gemeenskap wees,” het Scott Morrison, eerste minister van Australië, gesê.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie