Kort nuus – Internasionaal
Noord-Korea
Sny rantsoene tot 300 g per dag
Noord-Korea waarsku ’n tekort aan sowat 1,4 miljoen ton kos staar hom vanjaar in die gesig en hy moet daaglikse rantsoene bykans halveer, luidens ’n memorandum wat Reuters onder oë gehad het.
Die land blameer hoë temperature, die droogte, vloede en die Verenigde Nasies (VN) se sanksies daarvoor.
Noord-Korea se afvaardiging na die VN het dié bygewerkte memorandum aan die VN oorhandig enkele dae voordat pres. Donald Trump van Amerika en Kim Jong-oen, Noord-Korea se leier, weer op 27 Februarie in Viëtnam vergader.
Washington eis dat Noord-Korea sy kernwapenprogram staak, terwyl Noord-Korea ’n einde aan sanksies wil sien, asook ’n formele vredesverdrag vir die Koreaanse oorlog van 1950 tot 1953 en veiligheidswaarborge.
In die memorandum doen die Noord-Koreaanse regering ’n beroep op internasionale organisasies om te help met die voedseltekort.
Luidens die memorandum het Noord-Korea verlede jaar 4,951 miljoen ton kos geproduseer; 503 000 ton minder as in 2017. Dit sluit in rys, koring, aartappels en sojabone.
As gevolg daarvan is Noord-Koreane se daaglikse rantsoen in Januarie van 550 g tot 300 g verminder. – Netwerk24/Reuters
Ecuador
Sterk aardbewing skud Ecuador, Peru
’n Aardbewing van 7.5 is Vrydag op die grens van Peru en Ecuador gemeet, sê die Amerikaanse geologie-agentskap (USGS).
Die middelpunt van die aardbewing was in ’n ylbevolkte gebied sowat 224 km van Ambato in Ecuador op ’n diepte van 132 km
Reuters berig daar is geen risiko dat die aardbewing tot ’n tsoenami sal lei nie.
Daar was ook geen beserings of skade aangerig nie.
’n Inwoner van Cuenca in Ecuador, sowat 253 km van die middelpunt, het die skudding as sterk beskryf, terwyl ’n ander inwoner in dieselfde stad sê die skudding het 30 sekondes geduur. – Netwerk24/Reuters/Mirror

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie