Kort nuus – Internasionaal
Australië
Siklone Veronica, Trevor saai verwoesting
Australiërs word gemaan om in hul huise te bly nadat 'n tweede sikloon dié vasteland binne 48 uur ná die eerste een getref het.
Mark McGowan, Australië se premier, het 'n beroep op inwoners gedoen om liefs in hul huise te bly, selfs dié wat reeds vantevore in siklone was, omdat dié sikloon stadig beweeg, berig news.com.au.
“Mense in daai deel van die wêreld kén siklone, maar dié siklone is anders.”
Sikloon Trevor, 'n kategorie 4-storm, het Australië Saterdag getref, waarna sikloon Veronica toegeslaan het, berig die BBC.
Veronica was gister sowat 95 km van die kus aan die noordwestelike deel van Australië en sal na verwagting vloede bring.
The New Daily van Australië sê Veronica is 'n tropiese storm wat reeds Sondagmiddag toegeslaan het.
Australiërs maak gereed vir verwoestende winde en vloede van sikloon Veronica af, terwyl sikloon Trevor weer in Queensland se rigting beweeg. – Netwerk24
Israel
6 beseer ná aanval in Israel
Minstens ses mense is gister in Tel Aviv, Israel, beseer nadat 'n langafstandmissiel uit die Gasastrook afgevuur is.
Dit is die eerste keer sedert 2014 wat só 'n missiel afgevuur word.
Ambulansdienste sê hulle het ses inwoners in 'n huis in Mishmeret behandel ná die aanval. Een van die beseerdes is 'n baba.
Benjamin Netanyahu, Israel se premier, is tans in Amerika, maar gaan sy besoek kortknip sodat hy kan terugkeer.
Netanyahu het belowe dat hulle met “mag” sal terugslaan ná die aanval. – Netwerk24/Reuters
Nieu-Seeland
Polisie dra steeds vuurwapens ná aanval
Die polisie in Nieu-Seeland sal vir tyd en wyl nog met vuurwapens diens doen omdat die nasionale sekuriteit steeds in die gedrang is ná die aanval by twee moskees in Christchurch.
Mike Bush, polisiekommissaris, sê alle polisielede sal vuurwapens hê terwyl hulle aan diens is totdat die gevaar vir die gemeenskap verby is, berig stuff.co.nz.
Polisielede in Nieu-Seeland is bekend daarvoor dat hulle nie vuurwapens dra nie, bewapen is met pepersproei, polisiestokke en skokstokke.
Jacinda Ardern, Nieu-Seeland se premier, het intussen aangekondig dat sy 'n koninklike kommissie van ondersoek op die been bring om die aanvalle te ondersoek.
Sy wil hê die gebeure rondom die aanval op 15 Maart moet ondersoek word om vas te stel hoe die aanval plaasgevind het.
Ardern sê dis belangrik dat antwoorde verkry word en om vas te stel of daar enige manier was om die aanval te keer.
Minstens 50 mense is in twee moskees doodgeskiet. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie