Kort nuus – Internasionaal
Nepal
3 dood toe vliegtuig helikopters by Everest tref
Drie mense is dood en nog drie beseer nadat ’n ligte vliegtuig Sondag op die berg Everest van die aanloopbaan geskiet en twee helikopters getref het.
Die ongeluk het op die Lukla-lughawe gebeur. Lukla is die naaste lughawe aan Everest en word deur baie beskou as een van die gevaarlikste lughawens ter wêreld.
’n Medevlieënier van die vliegtuig en ’n polisieman op die grond is in die ongeluk dood, het die owerhede aan AFP bevestig.
’n Derde persoon is later in die hospitaal dood.
Volgens owerhede by die lughawe het die vliegtuig op die aanloopbaan gegly en teen twee stilstaande helikopters gebots.
Die beseerdes is na die Nepalese hoofstad, Katmandoe, geneem.
Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. – Netwerk24/AFP
Venezuela
Maduro brei sy mag met 1 m. uit
Pres. Nicolás Maduro van Venezuela wil die land se burgermag met ’n miljoen lede uitbrei, blykbaar omdat hy bang is die weermag draai teen hom.
Die burgermag, wat in 2008 deur oudpres. Hugo Chávez, sy voorganger, gestig is, doen regstreeks aan die staatshoof verslag.
Volgens Maduro gaan hy die burgermag teen die einde van die jaar tot drie miljoen uitbrei.
Die opposisieleier Juan Guaidó, wat die buiteland as die regmatige leier van Venezuela erken, het die weermag al gevra om Maduro teen te staan.
Volgens Maduro moet die burgermag op plase help. Die land gaan onder groot voedselskaarstes en hiperinflasie gebuk. Dit het daartoe gelei dat sowat 3 miljoen burgers in die laaste paar jaar geëmigreer het.
Hy het Saterdag duisende burgermaglede in uniform in die hoofstad toegespreek. Dit was nasionale milisiedag, waarop Chavez se terugkeer anderhalf dekades gelede toe ’n staatsgreeppoging teen hom misluk het, gevier word.
Die kragtoevoer na Caracas is die naweek weer herstel, maar elektrisiteit in die res van die land word nog gerantsoeneer. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie