Kort nuus – Internasionaal
Alaska
5 dood toe 2 vliegtuie in Alaska bots
Twee toeristevliegtuie het Maandag in die lug oor die suidooste van Alaska teen mekaar gebots. Vyf mense is dood, nege beseer en twee nog vermis.
Die Amerikaanse kuswag en die federale lugvaartowerheid (FAA) het dit bevestig. Die ongeluk het sowat 40 km tot 48 km noordoos van Ketchikan in Alaska gebeur, volgens ao. Jon-Paul Rios van die kuswag, berig Reuters.
Al 14 passasiers in die twee vliegtuie was van die passasierskip die Royal Princess wat op reis was van Vancouver in Kanada tot Anchorage in Alaska, het The Washington Post volgens Reuters berig.
Vier mense is opslag dood en luidens die NBC het die toeroperateur, Princess Cruises, Dinsdagoggend gesê ’n vyfde passasier is later dood. ’n Verteenwoordiger van ’n plaaslike hospitaal het gesê daar is nog een persoon wat kritiek beseer is, en drie wat ernstig is.
Die ongeluk was naby Coon Cove. Dit is naby ’n toeristelodge wat uitstappies na die nabygeleë Misty Fjords National Monument reël. Dit is sowat 480 km van Juneau, Alaska se hoofstad. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie