Kort nuus u2013 Internasionaal
Kort nuus u2013 Internasionaal

Kort nuus – Internasionaal

Nieu-Seeland

Man tronk toe oor video van Christchurch-aanvalle

’n Sakeman van Christchurch in Nieu-Seeland wat ’n video gedeel het op sosiale media van mense wat in die moskee-aanvalle in die stad doodgeskiet is, is 21 maande tronk toe gestuur.

’n Regter het gesê die sakeman, Philip Arps, het ’n haatmisdaad begaan, berig The Guardian.

Arps, ’n selferkende wit heersugtige, het skuld beken.

Die videomateriaal was van die aanval op 15 Maart vanjaar toe ’n man met gewere op aanbidders in twee moskees losgebrand en 51 mense gesterf het.

Regter Stephen O’Driscoll het gesê Arps het aan die hof gesê die aanval was “asemrowend”. Volgens hom het Arps geen empatie met die slagoffers gehad nie.

Arps het homself as Rudolf Hess, ’n Nazi-leier onder Adolf Hitler, beskryf.

Brenton Tarrant het verlede week op 93 aanklagte weens die aanvalle op die moskees in die hof verskyn. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!