Kort nuus - Internasionaal
Indonesië
Aardbewing tot in Australië gevoel
'n Aardbewing van 7.5 het Maandag naby die Indonesiese Tanimbar-eiland in die Bandasee voorgekom.
Die Amerikaanse geologiese agentskap (USGS) het die aardbewing bevestig en gesê dit hou geen tsoenami-bedreiging in nie.
CNN berig dat van die trillings van die aardbewing, wat sowat 208 km onder die see voorgekom het, is tot in Darwin in die noorde van Australië gevoel.
CNN se susterskanaal Nine News Darwin het gesê die trillings is 'n hele paar minute in sy ateljee gevoel.
Geen tsoenami-waarskuwing is ook vir Australië uitgereik nie. – Netwerk24/Reuters
Bethlehem
Versteekte vont by ‘Jesus-kerk’ in Bethlehem ontdek
’n Versteekte doopvont is in die Geboortekerk in Betlehem in die Palestynse gebied gevind. Die Palestynse nuusagentskap Wafa berig amptenare sê die houer wat glo ’n doopvont is, sal meer studies oor Jesus se tradisionele geboorteplek moontlik maak.
Die Geboortekerk is die kerk wat bo-op ’n grot gebou is wat glo die plek is waar Jesus gebore is.
Volgens die Times of Israel lyk dit of die ronde doopvont van dieselfde steen gemaak is as van die kolomme in die kerk.
SkyNews berig dit dateer dalk uit die Bisantynse tydperk, ook in die Donker eeue die Oos-Romeinse ryk genoem. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie