Kort nuus – Internasionaal
Brittanje
31 Oktober is D-dag sê Boris Johnson
Boris Johnson het die naweek belowe hy sal Brittanje teen 31 Oktober, kom wat wil, wedstrydfiks maak om die Europese Unie sonder ’n ooreenkoms te verlaat.
Johnson, die voorloper in die stryd om die premierskap, sê daar is “nie ’n tweede kans nie” en die sperdatum wat met die viering van Allerheiligeaand saamval, is nie “vals nuus” nie, berig The Guardian.
Johnson is gewaarsku dat meer as 30 lede van sy eie Konserwatiewe Party kan rebelleer teen ’n wegstap van die EU sonder ’n ooreenkoms as hy probeer om dit deur die parlement te dwing.
Reuters berig Barry Gardiner, die Arbeidersparty se woordvoerder, sê sy party sal vra vir ’n mosie van wantroue in die regering wanneer hy glo genoeg Konserwatiewe Partylede sal dit ondersteun. Verskeie lede is gekant teen geen ooreenkoms.
Die konserwatiewe parlementslid Sam Gyimah, het aan Sky News gesê om teen die regering te stem is die “kernbom-opsie” en hy wil nie dit doen nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie