Kort nuus – Internasionaal

Brittanje

Brexit oor laaste hekkie in parlement

Brittanje is nou ’n tree nader aan Brexit nadat die hoërhuis Woensdag wetgewing goedgekeur het om die Brexit-ooreenkoms te bekragtig.

Die parlement het die wetsontwerp vir die onttrekkingsooreenkoms goedgekeur, wat beteken Brittanje verlaat die Europese Unie op 31 Januarie.

Hulle moes die EU aanvanklik reeds in Maart 2019 verlaat het, maar dit is telkemaal uitgestel weens ontevredenheid oor die voorwaardes van die skeidingsooreenkoms.

Die EU het aanvanklik ’n maand uitstel gegee, maar Theresa May, voormalige premier van Brittanje, moes daarna weer met die EU onderhandel nadat die Britse parlement nie haar Brexit-plan goedgekeur het nie. May het uiteindelik die knie gebuig en bedank.

Boris Johnson, May se opvolger, het self ’n bloutjie geloop toe hy ook nie die nuwe Brexit se sperdatum van 31 Oktober kon haal nie.

Koningin Elizabeth moet haar goedkeuring gee voordat die wetsontwerp bekragtig word, wat moontlik reeds voor die einde van die week kan gebeur. – Netwerk24/Reuters

Switserland

Irakse president praat met Trump by WEF

Pres. Barham Salih van Irak het pres. Donald Trump van Amerika Woensdag in Davos, Switserland, ontmoet om onder meer oor die onttrekking van Amerikaanse soldate uit Irak te praat.

Die gemoedere tussen die twee lande het die afgelope tyd hoog geloop nadat Amerika ’n prominente militêre leier van Iran in Irak aangeval en doodgemaak het. Genl.maj. Kassem Soleimani se motorstoet is naby die lughawe in Bagdad aangeval.

Barham het in ’n verklaring ná die ontmoeting met Trump gesê daar is oor die vermindering van die soldate in Irak gepraat, asook oor Irak se versoek dat sy soewereiniteit gerespekteer moet word.

Amerika het vroeër ’n versoek van Irak se premier, Adel Abdoel Mahdi, dat hy al sy soldate aan die land moet onttrek, van die hand gewys.

Amerika het toe gesê hy ondersoek die moontlikheid daarvan om die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) se missie in Irak eerder verder uit te brei.

Irak se parlement het op 5 Januarie ’n niebindende resolusie aanvaar om die regering te versoek om ’n einde aan die militêre teenwoordigheid van buitelandse moondhede in die land te maak. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!