Kort nuus – Internasionaal

Italië



Mense 'vlieg soos koeëls' toe rivier skielik afkom



Minstens 11 mense is Maandag by 'n gewilde toeristebestemming in die suide van Italië dood toe 'n rivier skielik afgekom het.

Swaer reën verder op in die rivier het veroorsaak dat 'n diep kloof wat deel is van die Raganello-spruit in die Pollino Nasionale Park in die Calabriastreek baie skielik opgevul het.

“Hierdie mense is soos koeëls uitgeskiet toe die water afkom en is drie kilometer verder af in die vallei gekry,” sê Carlo Tansi, hoof van burgerlike beskerming.

Agttien mense is gered en van hulle is per helikopter na hospitale in Cosenza geneem.

Die kloof gaan een kilometer diep in die berg in en loop uit in die Raganello-spruit.

Reddingspanne moes toue gebruik om by die kante van die kloof af te seil om die baie moeilike terrein te bereik.

Minstens vyf mense word nog vermis, maar die owerhede meen daar kan meer wees, aangesien nie almal wat die kloof binnegaan amptelike gidse gebruik nie.

Reddingswerkers met soekligte het die gebied deurnag gefynkam.

Die nasionaliteit van die oorledenes en beseerdes is nog nie bekend nie maar die gebied word meestal deur Italianers besoek. – Netwerk24/Reuters



Australië

Turnbull oorleef stemmery



Malcolm Turnbull, premier van Australië, het Dinsdag 'n uitdaging om sy leierskap deur Peter Dutton, minister van binnelandse sake, oorleef maar dit was naelskraaps. Daar is dus steeds kommer oor sy toekoms as premier.

Turnbull het Dutton met 48 teen 35 stemme geklop in die leierskapstryd binne die Liberal-party, luidens Nola Marino, hoofsweep van die party.

Die stemming het plaasgevind nadat peilings getoon het dat die party steun verloor en dat daar sprake is dat Turnbull om die leierskap uitgedaag gaan word, wat 'n vroeë verkiesing meer waarskynlik sou maak.

Hy wou dus sy posisie beskerm en het 'n beroep op sy party gedoen om hom te steun of die risiko te loop om die volgende verkiesing te verloor. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!