Kort nuus – Internasionaal
Amerika
VSA lotery-boerpot staan op R23 miljard
Die Amerikaanse Mega Millions-boerpot staan nou op US$1,6 miljard (R23,05 miljard) 'n lotery-wêreldrekord, nadat geen wenner Vrydag getrek is nie.
Die volgende trekking sou gister plaasvind.
“Mega Millions het reeds historiese terrein betree, maar dis waarlik verbysterend om te dink dat die boerpot nou 'n wêreldrekord is,” het Gordon Medenica, hoofbestuurder van die Mega Million-groep, in 'n verklaring gesê.
Dié lotery word saam met ander loteryspeletjies soos Powerball geadministreer.
Boonop het niemand Saterdag se trekking vir die Powerball-boerpot van US$470 miljoen (R6,8 miljard) gewen nie, wat die nuwe boerpot op US$620 miljoen (R8,9 miljard) te staan bring. Die trekking vind Woensdag plaas.
Sou 'n speler al ses nommers korrek voorspel, kan hy 'n onmiddellike kontantbetaling van US$904 miljoen (R13 miljard) kry, of 'n volle sowat R23 miljard oor 'n tydperk van 29 jaar.– Netwerk24/Reuters
Indië
Trop ape gooi man met bakstene dood
'n Man wat hout gesoek het in Tikri in die Indiese provinsie Uttar Pradesj is dood nadat 'n groep ape hom met bakstene gegooi het.
Die BBC berig die 72-jarige Dharampal Singh is met bakstene gepeper en is later in 'n hospitaal aan sy beserings dood.
Die Times of India berig die groep ape het die bakstene bymekaar gemaak by 'n gebou wat in duie gestort het.
Die man moes onder 'n boom gewees het, want die ape se aanval is uit 'n boom geloods.
Inwoners van die gemeenskap het al talle kere gekla oor die aggressiewe ape, maar niks is gedoen nie omdat ape hier 'n bedreigde spesie is.
Volgens Singh se broer is meer as 20 bakstene na sy broer gegooi. Hy is op die kop, bors en bene getref.
Die polisie wil volgens BBC nie 'n aanklag teen die ape ondersoek nie. “Die mense sal vir ons lag,” het Chitwan Singh, statsiebevelvoerder by die Doghat-polisiekantoor, aan BBC gesê. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie