Kort nuus Internasionaal
Indië
Dalai Lama (83) in hospitaal
Die Dalai Lama (83), wenner van die Nobelprys vir vrede en wêreldwyd ’n gerespekteerde vredemaker, is Dinsdag in 'n hospitaal in Nieu-Delhi in Indië met 'n borsinfeksie opgeneem.
Volgens sy woordvoerder het dit Woensdag beter met hom gegaan en behoort hy oor 'n paar dae uit die hospitaal ontslaan te word, het AFP berig.
Volgens een van sy werkers het hy Dinsdagoggend ongemak ervaar, waarna hy na Delhi gevlieg is vir 'n ondersoek.
"Die dokters sê hy het 'n borsinfeksie. Hy is stabiel."
Die Dalai Lama lewe in ballingskap in Indië nadat hy in 1959 uit China gevlug het toe daar 'n opstand was. – Netwerk24/Reuters
Amerika
Trump kry nóg 'n bedankingsbrief
Daar was nóg 'n bedanking in die Amerikaanse departement van binnelandse veiligheid en verdediging.
Claire Grady, waarnemende adjunkminister in die departement, het Dinsdag ná twee jaar in haar pos bedank.
Dit volg nadat haar baas Kirstjen Nielsen Sondag as minister bedank het, terwyl Randolph (Tex) Alles, hoof van die geheime diens wat deur die departement van binnelandse veiligheid en verdediging bestuur word, Maandag sy bedanking ingedien het.
Soos vroeër berig, is Nielsen heel moontlik gevra om te loop omdat sy en Trump nie oor sy benadering tot immigrante en grensveiligheid saamgestem het nie.
Alles hou egter vol hy het uit sy eie bedank en waarsku dat pres. Donald Trump nog groot veranderinge in die departement gaan maak.
Nielsen het Grady se bedanking op Twitter aangekondig en gesê "haar bydrae was van onskatbare waarde".
Grady het 28 jaar lank vir die departement gewerk.
Nie Trump of die Withuis het nog verduidelik wat sy planne met die departement is nie. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie