Kort nuus – Internasionaal
Sirië
Iran sluit militêre ooreenkoms met Sirië
'n Militêre samewerkingsooreenkoms is tussen Iran en Sirië gesluit, het die Tasnim-nuusagentskap Maandag berig.
Amir Hatami, Iranse minister van verdediging, is sedert Sondag op 'n besoek van twee dae aan Damaskus in Sirië. Hy sal gedurende dié besoek vir pres. Basjir al-Assad van Sirië en ander senior militêre amptenare ontmoet, berig Reuters.
Nadere besonderhede oor die ooreenkoms is nie bekend nie.
Iran bied al geruime tyd steun aan Al-Assad in die Siriese burgeroorlog.
John Bolton, 'n Amerikaanse veiligheidsraadgewer, het verlede week gesê Iran moet sy magte uit Sirië onttrek.
Volgens senior Iranse amptenare is Iran op uitnodiging van pres. Al-Assad in Sirië en beplan Iran nie in dié stadium om sy troepe aan Sirië te onttrek nie.
– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie