Kort nuus – Internasionaal
Rusland
14 vermis ná vliegtuig verdwyn
’n Russiese weermagvliegtuig met 14 mense aan boord, het Maandag oor die Siriese see vermis geraak.
Rusland se departement van verdediging het Dinsdag bevestig dat die vliegtuig midde-in ’n aanval deur die Israeliese en Franse magte op teikens in Sirië van die radarskerms af verdwyn het.
Dit blyk dat Sirië moontlik per ongeluk die vliegtuig afgeskiet het.
Die vliegtuig sou glo op die Russies-beheerde Hmeymim-lugmagbasis land toe dit Maandag omstreeks 11:00 (plaaslike tyd) spoorloos verdwyn het.
Sover bekend is die vliegtuig laas oor die Mediterreense See sowat 35 km van Sirië se kuslyn gesien.
’n Reddingspoging is onderweg om die 14 mense op te spoor.
Luidens berigte uit Washington was die Il-20-turboskroefvliegtuig op ’n verkenningsvlug.
Volgens mediaberigte in Sirië is dit met “missiele” aangeval.
“Die vliegtuig het van die radar af verdwyn gedurende ’n aanval deur vier Israeli-F-16-vegvliegtuie op Siriese teikens in die Latakia-provinsie,” het Rusland se TASS-nuusagentskap berig. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie