Kort nuus – Internasionaal
Asië
7 lyke van Himalaja-piek gehaal
Indiese owerhede het Woensdag die lyke van sewe bergklimmers wat vroeër die jaar in ’n sneeustorting dood is van die Nanda Devi-bergpiek (7 816 m) gehaal.
Amptenare het gesê die lyke is per militêre helikopter na Pithoragarh, die grootste dorp in die streek, vir identifikasie en repatriasie geneem.
Daar word nog na een lyk gesoek.
Net twee lyke is tot dusver uitgeken. Dit is dié van Chetan Pandey van Indië se bergklimstigting en Ruth McCance van Australië.
Die ander klimmers wat dood is, is die Britte Martin Moran, John McLaren, Rupert Whewell en Richard Payne, die Amerikaners Anthony Sudekum en Ronald Beimel.
Die lyke moet eers uitgeken word voordat die owerhede kan vasstel wie se lyk nog vermis word.
Die soektog is later Woensdag weens swak weer afgelas.
Vijay Kumar Jogdande, die topamptenaar wat betrokke is, het gesê weens die weer en die terrein was dit ’n “ongelooflike uitdaging om die lyke te gaan haal”.
Die klimseisoen in die Himalajas was vanjaar een van die dodelikste. Meer as 20 mense, onder wie 11 op Everest in Nepal, het gesterf. – Netwerk24/Reuters
Brittanje
Archie se peetouers gaan geheim bly
Die name van Archie Harrison Mountbatten-Windsor se peetouers gaan nie bekend gemaak word nie.
Dié besluit van prins Harry en Meghan, hertogin van Sussex, is in pas met die egpaar se besluit om hul eersteling as ’n “private persoon” groot te maak.
Archie word Saterdag in die koningin se private kapel in die Windsorkasteel gedoop. Die kapel is herbou nadat dit in 1992 grootliks vernietig is in ’n brand.
Omdat die kapel so klein is - daar is plek vir net 30 mense - is die gastelys vir die doop beperk tot naaste familielede, vriende en die peetouers.
Die media word ook nie toegelaat om buite die kapel die gaste af te neem nie.
Hoewel ’n koninklike doop altyd privaat is, het prins William en Catherine, hertogin van Cambridge, egter die media buite die koninklike kapel in die St. Jamespaleis in Londen toegelaat.
Foto’s sal wel ná die doop deur Buckinghampaleis uitgereik word en op die Sussexe se Instagram. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie