Kort nuus – Internasionaal

Turkye



Erdogan wys gru-beelde van aanval op Moskee



Pres. Recep Tayyip Erdogan, president van Turkye sê die verdagte wat aangekeer is vir die aanval op twee moskees in Christchurch, Nieu-Seeland, het ook dreigemente gemaak teenoor Turkse Moslems.

Aljazeera berig Erdogan het tydens 'n verkiesingsaamtrek die naweek 'n video van die aanval gewys.

Volgens Erdogan het die verdagte Turkye twee keer besoek en Turkse burgers gewaarsku hulle het geen plek in Europa nie.

The Straits Times berig die dodetal, sedert Vrydag se aanval op die moskees, het gestyg tot 50.

Brenton Harrison Tarrant (28), 'n Australiër, is kort na die voorval in hegtenis geneem en het Saterdag in die hof verskyn op 'n aanklag van moord.

Hy het sy moordtog afgeneem en die video regstreeks op Facebook uitgesaai. Hy het self erken hy glo in wit heerskappy.

Tarrant het ook 'n manifes gepubliseer, wat kort ná die aanval van sosiale media verwyder is.

Erdogan het bevestig die Turkse owerhede sal Tarrant se besoeke aan sy land ondersoek, berig Rocket News. – Netwerk24



Australië



Senator kry eier teen die kop

Fraser Anning, die Australiese senator wat groot konsternasie op sosiale media veroorsaak het nadat hy Moslems vir die aanval in Nieu-Seeland geblameer het, het eier op sy gesig gekry nadat 'n tiener 'n eier teen sy kop stukkend geslaan het, berig news.com.au.

Die Victoria-polisie in Melbourne sê hulle het die 17-jarige in hegtenis geneem, berig ABC News, terwyl Anning vir die media gesê het dat hy niks verkeerd gedoen het nie.

“Ek het myself verdedig. Dit is wat ons Australiërs doen. Ons verdedig onsself. Hy het 'n klap in die gesig gekry. Dit is presies wat sy ma lankal moes doen, want hy gedra hom sleg.”

Die Australiese premier, Scott Morrison, sê die wet moet ook vir Anning geld wat die tiener geslaan het, berig The Guardian.

Anning het Vrydag, nadat minstens 50 mense in Christchurch, Nieu-Seeland, by twee moskees vermoor is, gesê dat Nieu-Seeland se wette oor immigrasie die dryfveer agter die aanval was.

Dít nadat dit aan die lig gekom het dat die Nieu-Seelandse polisie 'n 28-jarige Australiese man weens die slagting in hegtenis geneem het. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!