Kort nuus - Internasionaal
Mianmar
Leier sal nie VN-debat bywoon
Aung San Suu Kyi, de facto-leier van Mianmar, sal nie volgende week se debat by die Verenigde Nasies (VN) se algemene vergadering bywoon nie, weens toenemende kritiek oor haar hantering van die Rohingia-krisis. Sowat 370 000 Rohingia-Moslems het uit Mianmar na Bangladesj gevlug sedert geweld verlede maand uitgebreek het. Die regering van Mianmar is deur die VN van etniese suiwering beskuldig, berig die BBC. Mianmar se weermag sê hy veg teen Rohingia-militante en het ontken dat gewone burgers in sy visier is. Die Rohingia, ’n grootliks Moslem-minderheidsgroep, ervaar reeds lank vervolging in Mianmar waar hulle as onwettige immigrante beskou word. Die Rohingia woon reeds vir generasies in Mianmar, maar word burgerskap geweier. Die VN se veiligheidsraad vergader Woensdag om die krisis te bespreek. - Netwerk24
Thailand
Baba-oerangoetangs kry nuwe tuiste
Twee baba-oerangoetangs, oorspronklik van Sumatra in Indonesië, wat uit die kloue van ’n smokkelaar gered is, het Woensdag by die Khao Pratab Chang- wildlewe-teelsentrum in Thailand aangekom waar hulle gerehabiliteer gaan word. Die tweetjies – een vroulik en een manlik – is maar twee jaar oud. Doeanebeamptes van die grensdorp Padang Besar, geleë tussen Maleisië en Thailand, het in Junie op die twee beslag gelê waar hulle saam met ander wilde diere oor die grens gesmokkel is. Een verdagte, ’n man (63) van Maleise, is aangekeer. Die tweetjies sluit hulle nou by twee ander baba-oerangoetangs by die rehabilitasiesentrum aan. Banpot Maleehuan, direkteur van die sentrum, sê die jong oerangoetangs sal daar bly totdat die hofsaak afgehandel is. Indonesië moet dan aandui of hulle die tweetjies wil terughê. - Nampa/Reuters/Netwerk24
Negev
Woestyn-Arabiere ‘mislei’ om Israeli’s te help
'n Palestynse nieregeringsorganisasie het per ongeluk geld help insamel vir ’n Israelse groep wat Joodse nedersettings in die Negev ondersteun. Die groep, bestaande uit woestyn-Arabiervroue wat borduurwerk doen, is kwaad omdat hulle meen hulle is mislei om borduurwerk te doen vir ’n rok wat gebruik is vir ’n geldinsamelingsgeleentheid vir die Israelse groep by die New Yorkse modeweek. Asma al-Saneh, hoof van die vereniging vir die verbetering van vroue se status, sê die ontwerper Aviad Arik Herman was oneerlik en het hulle mislei. Hy het die vennootskap voorgestel sonder om hulle behoorlik in te lig dat geld na die OR-beweging, ’n Israelse organisasie wat nedersettings in die Negev bevorder, sal gaan. Die vroue doen hul tradisionele Bedoeïenekuns vir hul organisasie om vroue in die Negev te bemagtig. “Ons kry gereeld sulke versoeke van verskeie ontwerpers en verkopers in Israel. Dit was nie die eerste keer nie en ons het nie omgegee om hom te help nie,” sê Saneh. “Ons sou dit nooit gedoen het as ons geweet het wie hy is en wat sy einddoel was nie. Ons meen ons produk is misbruik.” Herman was vroeër die jaar ook in omstredenheid gehul toe hy ’n rok ontwerp het wat ’n “verenigde Jerusalem” moes voorstel en wat die verregse Israelse minister van kultuur, Miri Regev, op ’n internasionale rolprentfees aangehad het. – Netwerk24/News24/Al Jazeera

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie