Kort nuus – Internasionaal
Amerika
Hof gooi porno-ster se saak teen Trump uit hof
'n Amerikaanse regter het die porno-ster Stormy Daniels se lastereis teen pres. Donald Trump Maandag verwerp en haar ook beveel om die Amerikaanse president se regskoste in die geding te betaal.
Die regter het gesê 'n twiet van Trump oor Daniels word beskerm deur die land se wette op vryheid van spraak.
Michael Avenatti, Daniels se prokureur, sê hulle gaan teen die beslissing appelleer, berig Reuters.
Die porno-ster, wie se regte naam Stephanie Clifford is, beweer sy het in 2006 'n buite-egtelike verhouding met Trump gehad.
Volgens haar het 'n man haar in 2011 in 'n parkeerterrein in Las Vegas genader en gedreig omdat sy ingestem tot 'n onderhoud met die media oor haar verhouding met Trump.
Sy het toe 'n skets van die man gemaak soos sy hom onthou het.
Trump het haar bewerings in 'n twiet ontken'.
Daniels het Trump oor die twiet gedagvaar en beweer dit laat haar soos 'n leuenaar lyk. Sy het hom ook gedagvaar oor 'n kontrak van verswyging van US$130 000 tussen haar en Trump oor hul beweerde verhouding van vroeër.
Trump se prokureurs staan albei die dagvaardings teen. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie