Kort nuus internasionaal

België

EU krap ernstig kop oor migrante

Angela Merkel, die Duitse kanselier, het Sondag gesê sy soek afsonderlike ooreenkomstestate in die Europese Unie nadat die groep nie 'n gesamentlike oplossing vir die migrasiebedreiging in haar land kon bereik nie.

Sedert die getal migrante uit die Middellandse See skerp in 2015 (met meer as 'n miljoen vlugtelinge) toegeneem het, sukkel die EU om saam te besluit oor hoe om die situasie te hanteer. Die kwessie het eenheid in die EU verswak.

Sestien EU-leiers het Sondag in Brussel ontmoet vir noodgesprekke, met die hoop om 'n oplossing te vind wat op 'n beraad van al 28 EU-state op 28 en 29 Junie voorgelê sal word. Die state het ooreengekom om hul eksterne landsgrense te versterk en meer geld aan die buiteland te skenk om te verhoed dat migrante na Europa stroom, maar hulle kan nog nie saamstem oor hoe om daardie asielsoekers te hanteer wat tot in Europa gevorder het nie. – Netwerk24/Nampa/Reuters



Spanje

Nie eens Lassie kon dít doen nie!

'n Video van 'n polisiehond wat 'n polisielid se “lewe red” het die internet aan die gons. Die polisie in Madrid, Spanje, het beeldmateriaal uitgereik waarin gesien kan word hoe dié hond, Poncho, van sy honde-eenheid na 'n polisielid wat “ineengestort het” hardloop en noodhulp op hom begin toepas, berig nbc4i.com.

MailOnline berig oor hoe Poncho sy kameraad weer “aan die lewe probeer kry”.

Eers probeer hy hom wakker maak deur aan sy sy te stamp. As hy steeds nie beweeg nie, spring die hond vier keer op en af op die man se bors, voordat hy sy oor teen die polisielid se mond hou om te luister of hy asemhaal.

Daarna spring hy nog 'n paar keer op sy bors en luister dan weer vir die asemhaling. Die Spaanse polisie het sy twiet met 'n aanhaling van Josh Billings afgesluit: “'n Hond is die enigste iets op aarde wat vir jou liewer is as wat hy vir homself is.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!