Kort nuus – Internasionaal
Brittanje
Soektog na Madeleine hervat
Die soektog na die vermiste Madeleine McCann gaan hervat nadat die polisie Dinsdag hulp gekry het.
Meer geld is bewillig sodat polisiebeamptes wat na die vermiste kleuter soek met hul werk kan voortgaan.
Die bedrag beloop £150 000 (sowat R2,8 miljoen), berig die BBC.
Madeleine was drie toe sy spoorloos verdwyn het waar sy saam met haar ouers, Kate en Gerry McCann, in Praia da Luz, Portugal in 2007 vakansie gehou het.
Die geldelike hupstoot moet die polisie tot einde Maart aanstaande jaar steun, berig die Mirror.
Die ondersoek het die polisie tot dusver £11,75 miljoen (R219 miljoen) gekos, maar die geld het in September opgeraak, berig SkyNews.
Oor die jare het al baie teorieë die lig gesien onder meer dat sy ontvoer is, uit haar hotelkamer gewandel het waar sy alleen gelos is of in die hotelkamer gesterf het.
Daar is ook gerugte dat sy as 15 jarige opgemerk is, maar alle leidrade tot dusver het op dooie spore uitgeloop.
Die McCanns het vroeër op sosiale media gesê geloofwaardige inligting kom steeds in en hulle is dankbaar daarvoor. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie