Kort nuus – Internasionaal

Nieu-Seeland



Wêreld haal nie 1,5 °C-perk, sê VN-baas



António Guterres, die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN), sê die wêreld is nie op koers om die styging in aardtemperature tot 1,5 °C te beperk nie.

Hy was Sondag in Nieu-Seeland as deel van 'n nuwe VN-veldtog om lande teen aardverhitting te waarsku.

“Klimaatsverandering vorder vinniger as wat ons vorder. Die afgelope vier jaar is die warmste tot nog toe,” het hy op 'n mediakonferensie saam met Jacinda Ardern, premier, gesê.

Ondertekenaars van die Parys-ooreenkoms van 2015 het hulle daartoe verbind om nie toe te laat dat die aarde se temperatuur met meer as 1,5 °C styg nie.

Guterres besoek vandeesweek talle eilande in die Stille Oseaan, soos Fidji, as deel van die bewusmakingsveldtog oor klimaatsverandering. – Netwerk24/Reuters



Amerika



Hollywood-legende Doris Day oorlede



Die geliefde aktrise en sangeres Doris Day is in die ouderdom van 97 dood, berig SkyNews.

Day was 'n Hollywood-ikoon wat veral bekendheid verwerf het vir haar werk in die laat 1950's en 1960's.

Sy was onder meer in die flieks Calamity Jane, Pillow Talk en Love Me or Leave Me te sien.

Day was ook bekend vir haar stem. Sy het in 1956 met die verfilming van die fliek The Man Who Knew Too Much die liedjie "Que Sera, Sera" gesing en daarmee ook die Oscar vir beste liedjie gewen.

Day se flieks is steeds op kabeldienste beskikbaar.

Haar stigting vir dierewelsyn het Maandag haar dood bekend gemaak. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!