Kort nuus – Internasionaal
Japan
Japanse stad sweet van hitte
In Japan het die kwik Maandag tot 41,1 °C gestyg in 'n stad noordwes van die hoofstad, Tokio. Volgens Japan se weerburo is dit 'n rekord.
Die temperatuur is in Kumagaya in die Saitama-prefektuur aangeteken en is volgens die Japanse meteorologiese agentskap 0,1 °C hoër as die vorige rekord van 41 °C wat in Augustus 2013 in die westelike prefektuur Kochi aangeteken is.
Rekords vir die onderskeie stede gaan nie almal ewe ver terug nie, maar vir Kumagaya gaan die rekords tot 1896 terug. – Netwerk24
Brittanje
3 op kamera aangekeer ná suuraanval op 3-jarige
Vier mans is nou in aanhouding nadat 'n driejarige seun Saterdag in Worcester in Brittanje met suur in sy gesig gegooi is.
Die Daily Mail berig drie van die verdagtes, onderskeidelik 22, 25 en 26, is in Londen aangekeer nadat 'n 39-jarige plaaslike inwoner Sondag reeds in Wolverhampton in hegtenis geneem is.
Volgens Sky News is dit nie bekend of die eerste drie verdagtes die vierde verdagte ken nie.
Die polisie het beeldmateriaal van die drie verdagtes uitgereik en die publiek se hulp gevra om hulle uit te ken.
Die polisie sê dit was 'n “doelbewuste” aanval op die kind, hoewel die motief duister is. Hy was in 'n stootwaentjie saam met sy gesin toe 'n middel op hom gespuit is. Hy was glo met opset geteiken by Home Bargains in die Shrub Hill Retail Park in Tallow Hill.
Die driejarige seun is in die hospitaal behandel nadat hy ernstige brandwonde aan sy gesig en arm opgedoen het. Hy is intussen ontslaan, maar die dokters glo daar lê 'n lang pad na herstel voor.
Die mans word aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer. –Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie