Kort nuus – Internasionaal
Kanada
Trudeau wen verkiesing
Justin Trudeau (47), premier van Kanada, gaan sy werk behou nadat landsburgers Maandag in die land se verkiesing gestem het.
Trudeau se Liberale Party net-net in die land se parlementêre verkiesing gewen het.
Trudeau het die verkiesing vier jaar gelede oortuigend gewen, maar dit is nie weer die geval nie. Hy sal 'n koalisie met 'n kleiner party moet vorm om 'n meerderheid in die parlement te verseker.
Daar was vooraf voorspellings dat die Konserwatiewe Party van Andrew Scheer (40) die verkiesing kon wen.
“Julle het dit gedoen, my vriende. Baie geluk!” het Trudeau in sy oorwinningstoespraak aan sy ondersteuners in Montreal gesê, nadat die verkiesingsuitslag bekend gemaak is. – Netwerk24/Reuters
Libanon
Ministers se salarisse word gesny
Libanon se kabinet sal na verwagting Maandag die salarisse van hul ministers halveer om 'n ekonomiese krisis te verlig en die grootste betogings in 'n dekade teen die regerende elite te ontlont.
Betogers het die afgelope vyf dae landswyd paaie versper en skole, banke en besighede is gesluit. Honderde duisende mense het die strate ingevaar om hul woede uit te spreek teen 'n politieke elite wat hulle sê aandadig is aan 'n ekonomie wat op die punt van ineenstorting is.
Onder druk het Saad al-Hariri, die eerste minister, die naweek 'n pakket van stappe saamgestel, wat beskou word as noodsaaklik om vertroue in die finansiële stelsel van Libanon te herstel en spanning te verlig.
Die hervormings was onder bespreking tydens 'n kabinetsvergadering wat die land se president, Michel Aoun, as voorsitter Maandag in die Baabda-paleis gelei het.
In die middestad van Beiroet het mense hul voorberei vir nog 'n dag op straat. Soldate het die strate na die parlement versper, terwyl graffiti teen die mure van geboue 'n “revolusie” verklaar. - Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie