Kort nuus - Internasionaal
Indië
Nóg lyke gevind ná vloede
Die weermag in Indië het die lyke van nóg 28 mense gevind soos wat die vloedwaters afneem in die suidwestelike staat Kerala.
Dit bring die dodetal wat deur die ramp veroorsaak is op 445 te staan.
Kerala, wat gewoonlik 'n hoë reënval het, het tussen 8 en 15 Augustus 250 mm meer reën as normaalweg ontvang. Verskeie dorpe is oorstroom en paaie en brûe het weggespoel.
Minstens 'n miljoen mense word steeds in tydelike kampe gehuisves terwyl die weermag modder en opdrifsels uit die dorpe verwyder.
Pinarayo Vijayan, Kerala se hoofminister, sê in 'n twiet dat meer as 130 000 huise reeds opgeruim is. Dit is sowat 'n derde van die aantal huise wat deur die vloedwaters geraak is.
Vyftien mense word nog vermis, berig AFP.
Meer as 50 000 huise het heeltemal weggespoel. – Netwerk24
Iran
Twee sterf, honderde beseer in aardbewing
Twee mense is dood en meer as 240 is beseer toe 'n aardbewing van 6.1 die stad van Javanrud in die weste van Iran Sondagoggend vroeg getref het.
Luidens Al Jazeera het die Amerikaanse geologiese agentskap gesê die aardbewing se episentrum is 26 km suidwes van Javanrud, waar meer as 600 mense in November 2017 in 'n aardbewing gesterf het.
Die staatstelevisiediens het berig die dorpie van Tazehabad, naby aan die grens met Irak, het 30 naskokke gevoel en is die ergste geraak.
Reddingswerkers was op pad na die dorp.
Houshang Bazvand, die goewerneur van die provinsie Kermanshah, het aan die staatstelevisiediens gesê dat kragtoevoer na van die omliggende dorpies onderbreek is.
The Sunday Express berig die skudding, wat omstreeks 02:00 Sondagoggend plaasgevind het, is tot in Koerdistan en Bagdad gevoel. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie