Kort nuus – Internasionaal/Afrika
Nigerië
Soektog ná seerowers werkers gryp
Die Nigeriese vloot en Interpol werk saam om die 12 bemanningslede van ’n Switserse vragskip op te spoor wat Saterdag deur seerowers ontvoer is.
12 van die 19 bemanningslede van die MV Glarus, wat met ’n vrag koring van Lagos na Port Harcourt in die suide van Nigerië onderweg was, is Saterdag ontvoer. Die seerowers het sowat 45 seemyl suid-suidwes van Bonny-eiland toegeslaan.
Sky News het vroeër berig sewe Filippyne en een mens elk van Slowenië, die Ukraïne, Roemenië, Kroasië en Bosnië is ontvoer.
Die departement van buitelandse sake van Switserland het bevestig dat die MV Glarus ’n Switserse vragskip is, maar dat daar geen Switsers aan boord was nie, berig Reuters.
Ontvoerings vir ’n losprys het ’n groot probleem in Nigerië geword, veral in die Nigerdelta-streek waar die land se ruolie-bedrywe is, berig Fox News.
EOS Risk Group, ’n veiligheidsmaatskappy, het in Augustus gesê daar was tussen Januarie en Junie vanjaar 34 Nigeriese seeroweraanvalle op vragskepe en vissersbote in die Golf van Guinee. – Netwerk24
Brittanje
Britse ministers steun Kanada-styl verdrag
Die meeste Britse kabinetslede ondersteun nou ’n Kanada-styl handelsooreenkoms met die Europese Unie (EU) ná Brexit, het The Telegraph Maandag berig.
Theresa May, Britse premier, staan by haar voorgestelde Brexit-plan ondanks die feit dat die leiers van dié plan vir toekomstige samewerking verlede week as “onwerkbaar” verwerp het.
Die druk op Theresa May neem toe om haar plan te laat vaar en eerder ’n Kanada-styl handelsooreenkoms met die EU te oorweeg.
May se plan wat deur die EU verwerp is, behels ’n vryehandelsgebied en gemeenskaplike reëls vir goedere met meer divergensie vir dienste.
Kanada se vryehandelsooreenkoms met die EU is in Oktober 2016 onderteken en verwyder 99% in- en uitvoertariewe op goedere wat tussen die twee handelsblokke beweeg, maar behels nie ’n enkelmark nie.
Die grens tussen Noord-Ierland, wat ’n Britse provinsie is, en Ierland, wat ’n lid van die EU is, bly ’n haakplek in die Brexit-samesprekings. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie