Kort nuus – Internasionaal/Afrika
Suid-Afrika
Grace Mugabe se diplomatieke immuniteit tersyde gestel
Grace Mugabe, voormalige presidentsvrou van Zimbabwe, se diplomatieke immuniteit is deur die Johannesburgse hooggeregshof tersyde gestel.
Mugabe is verlede jaar diplomatieke immuniteit verleen deur Maite Nkoana-Mashabane, toe minister van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco), ná ’n voorval in ’n hotel in Sandton, Johannesburg. Sy het na bewering die model Gabriella Engels (20) met ’n elektriese koord aangerand het.
Engels het ’n klag teen Mugabe by die polisie ingedien, maar Mugabe het op diplomatieke immuniteit aanspraak gemaak, wat beteken sy kon nie vervolg word nie.
Mugabe het aangevoer ’n “besope” Engels was die kluts kwyt en het haar met ’n mes aangeval.
AfriForum, burgerregteorganisasie, het in Mei vanjaar ’n aansoek by die hooggeregshof ingedien om Dirco se bevel tersyde te stel. ’n Soortgelyke aansoek is deur die DA gebring.
Die DA en AfriForum voer aan dat Dirco se besluit irrasioneel, onwettig en ongrondwetlik was.
Indien die aansoeke slaag, sal dit die weg baan vir die nasionale vervolgingsgesag (NVG) om Mugabe te vervolg op aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie