Kort nuus – Internasionale nuus
Japan
5 Amerikaanse seesoldate dood verklaar
Die VSA-marinierskorps het vyf Amerikaanse seesoldate dood verklaar wat vermis geraak het nadat twee Amerikaanse vegvliegtuie verlede Woensdag naby die Japanse kus glo in mekaar vasgevlieg het.
Twee vliegtuie, ’n F/A-18 Hornet-vegvliegtuig en ’n KC-130 Hercules, het altesaam sewe bemanningslede aan boord gehad.
Twee van die seesoldate is uit die see gered, maar een is later in die hospitaal dood.
Die weermag van Japan het dadelik betrokke geraak in die soektog na die ander vyf.
Die weermag het bevestig die soektog na die vermiste seesoldate is afgelas. – Netwerk24/Reuters
België
VN-migrasie-pakt skud Belgiese regering
Charles Michel, die Belgiese premier, veg om sy politieke oorlewing nadat een van sy koalisievennote weens sy steun van die Verenigde Nasies (VN) se migrasie-ooreenkoms uit die regering getree het.
Michel het Sondag koning Philippe van België se toestemming gekry om die leier van ’n minderheidsregering te wees, berig The Guardian.
Hy het later Sondag op ’n nuuskonferensie ’n beroep op LP’s gedoen om nie op ’n vroeë verkiesing aan te dring nie. België moet in Mei 2019 weer na die stembus gaan.
Die niebindende VN-ooreenkoms, wat daarop gemik is om ’n gemeenskaplike internasionale benadering tot migrante te volg, is aanvanklik deur al vier partye in België se koalisieregering gesteun, maar die Nieu-Vlaamse Alliansie (N-VA), ’n nasionalistiese party, het later sy deuntjie verander.
Dit word as die N-VA se eerste skote in die verkiesingsveldtog vir 2019 beskou, berig Reuters. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie