Kort nuus u2013 Internasionale nuus
Kort nuus u2013 Internasionale nuus

Kort nuus – Internasionale nuus

Mianmar

Reuters-joernaliste uit tronk vrygelaat

Die twee joernaliste van die Reuters-nuusagentskap wat vir meer as 500 dae in 'n tronk in Mianmar gevange gehou is, is Dinsdagoggend vrygelaat.

Wa Lone (32) en Kiaw Soe Oo (28), wat daarvan beskuldig is dat hulle die land se veiligheidswet oortree het, is in September vir sewe jaar tronk toe gestuur nadat hulle daaraan skuldig bevind is dat hulle die land se wet op ampsgeheime oortree het.

Hul skuldigbevinding hou verband met berigte wat hulle geskryf het oor die volksmoord op die Rohin­gia-minderheidsgroep en dat 'n militêre basis in die land chemiese wapens vervaardig.

Aoeng San Soe Kji, leier van Mianmar, het vroeër gesê die joernaliste is nie tronk toe gestuur omdat hulle joernaliste is nie, maar omdat hulle die land se wet oortree het. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!