Kort nuus (- Misdaad)
Kort nuus (- Misdaad)

Kort nuus (- Misdaad)

Ongwediva
Koedoekarkasse in meelsakke op bakkie
'n Man (37) van Tsumeb is Dinsdag in besit van 'n koedoekarkas en nóg 'n halwe koedoekarkas, toegedraai in meelsakke, agter op 'n bakkie by die Oshiko-padblokkade gevind. Hy het nie 'n jagpermit vir die koedoes gehad nie. Volgens die Namibiese polisie is hy na die Ongwediva-polisiekantoor geneem en sy bakkie is deursoek. Vier patrone en 'n 7.65-jaggweer, waarvoor hy ook nie 'n lisensie in sy besit gehad het nie, is gevind. "Ná ondervraging deur die polisie het die verdagte beweer hy het die vleis vir 'n sakeman van 'n plaas naby Oshivelo vervoer. Hy sal binnekort in die hof op verskyn," sê die polisie.
Ondangwa
14 bokke glo gesteel
Veertien bokke het Woensdag glo by 'n weiveld naby die Omapundo-nedersetting, naby Ondangwa, verdwyn. "Die bokke is glo later in twee 25-jarige mans se kraal gevind," sê die polisie. Die twee mans is in verband met veediefstal in hegtenis geneem en die bokke is aan die eienaar teruggegee. Die verdagtes sou gister (20 Jul) in die landdroshof op Oshakati verskyn.

Kommentaar

Republikein 2025-04-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer