Kort resensies

Sanet Pearson
Die nadraai van ’n oorlog

Rocco de Witt is ’n Kaapse argitek met die wêreld aan sy voete. Hy en sy pragtige Duitse verloofde lei ’n idilliese lewe van buitelugaktiwiteite en Europese skivakansies.

Maar dan maak ’n ou weermagvriend uit die bloute sy opwagting en Rocco se bestaan word op sy kop gekeer.

Wat presies het destyds in die Bosoorlog gebeur toe hy ’n jong luitenant was? Hy is ernstig gewond tydens ’n operasie teen Swapo en het sy bewussyn verloor. Sedertdien kon hy nog nooit onthou presies wat dié voorval voorafgegaan het nie . . . Daardie herinneringe kom nou terug, met byna ondenkbare implikasies. – Netwerk24

Vier vroue kies hul verhaal

In Sirië vrees Ilizabith elke dag vir haar lewe – die man wat haar sy vrou gemaak het is boos.

In Libanon probeer Pascale haar roeping uitleef, maar sal haar ouers dit insien?

Hoewel hulle in dieselfde skool in Pretoria is, verskil Talitha en Yasmine se wêrelde hemelsbreed. Talitha probeer vreesloos veg vir wat reg is en Yasmine probeer oorleef.

Deur goddelike ingryping kom Ilizabith en Pascale Talitha en Yasmine teë, en elkeen moet besluit hoe hul pad en verhaal verder gaan verloop.

Die skrywer van Die seders van Libanon, Adriana Faling, is ’n aktrise wat in onder meer Egoli, 7de Laan en Binnelanders gespeel het. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!