Kortbroektreffers uit Rocco se pen
Die bekroonde en uiters begaafde pianis Rocco de Villiers is terug met ’n splinternuwe popalbum, wat nie net vir die eerste keer met ’n Afrikaanse titel spog nie, maar ook beloof om luisteraars se voete dansvloer toe te vat.
kortbroek, langkouse is die musikant se 14de instrumentale album en bou voort op die unieke klavierstyl, eiesoortige komposisies en verwerkings waarvoor hy bekendheid verwerf het.
Die nuwe vrystelling spog met 10 splinternuwe oorspronklike werke uit sy eie pen, asook vier van sy gewildste treffers van vorige albums af, wat “Kla 2 Kla 3 Kla 4”, “Anna Aeroplane”, “Roccobilly” en “Escape from the Ordinary Life” (die temamusiek van RSG se weeklikse kunsprogram op Dinsdagaande) insluit. Die titelsnit van die album kan ook reeds op radiostasies landswyd gehoor word en ‘n musiekvideo word eersdaags bekend gestel.
Met titels soos “Goeie gevoel”, “Vanaand kan ek dans”, “Reën kan jy nie koop nie” en “Nooit te laat (om lief te hê)” is dit duidelik dat dié nuwe album jou op ’n opwindende lewensreis gaan neem.
kortbroek, langkouse is deur Murray Lubbe van The Hit Factory vervaardig en spreek belangrike kwessies soos die aanvaarding van die verlede, kultuur en taal aan.
“Dit gaan oor selfaanvaarding, ’n groener planeet, menseregte en om altyd net jouself te wees, ten alle koste,” verklap die klaviermeester oor sy nuutste projek, wat beskryf word as sy eerlikste en persoonlikste werk tot dusver.
Oor die jare is hierdie talentvolle musikant se werk met verskeie pryse bekroon, waaronder Sama-, Huisgenoot- Tempo-, Ghoema-, Vonk- en Cape Theatre-toekennings, en sy geestelike album, Beautiful Beautiful Hymns, wat in 2015 uitgereik is, het ook goue status bereik.
Afgesien van verskeie verhoogproduksies kan Rocco ook met twee mengeldrankie-boeke, ’n regstreekse DVD-opname en ’n boek met bladmusiek vir klavier spog.
Hy was ook betrokke by die klankbaan van die Amerikaanse fliek Brewsie & Willie, het temamusiek vir nege TV-reekse geskryf, is die vervaardiger van twee TV-reekse en dokumentêre programme vir M-Net oor die geskiedenis van musiek, en het sy lyf ook aanbieder vir drie kykNET-programme naamlik Kook en Klavier, Rocco en Klop die Klawers gehou. Van 28 Junie af is hy ook te sien op SABC2 as gasaanbieder van die tweede reeks van die speletjiesprogram Beter Assie Bure.
kortbroek, langkouse word op 13 Julie vanjaar vrygestel en bewys weer eens hoekom hierdie sjarmante en talentvolle man van dag een af musiekharte verower het.
Die moderne, emosiebelaaide manier waarop hy elke snit benader is besonders en sal aanklank by gehore van alle ouderdomme vind.
SNITTE OP DIE ALBUM (moet hierdie in??)
1. Goeie gevoel
2. Kortbroek, Langkouse (hoofletters/kleinletters?)
3. Wat om te dra agter op ’n bakkie
4. Klein dorpie, GROOT drome
5. Vanaand kan ek dans
6. Escape from the Ordinary Life
7. Reën kan jy nie koop nie
8. Tango for 2 Saints
9. Nooit te laat (om lief te hê)
10. Blom
11. Wees net Jouself

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie