Kortnuus 1 Oktober 2021

Dani Booysen
Ondangwa

Groot afname in pasiënte

“Die storm is verby.”

So sê suster Rachel Iyambo van die Ondangwa Privaat Hospitaal se 12-bed Covid-19-saal. “Vir ‘n hele maand het ek nie eens die binnekant van die mall gesien nie… Maar ons het deurgedruk.”

Tekorte aan suurstof was die moeilikste om te bestuur, maar sedert die derde golf was daar ‘n drastiese afname in pasiënte. – Tuyeimo Haidula

Mariental

Suurstof vir Suide-hospitaal

Die suurstofaanleg wat Namdia by Mariental se staatshospitaal help oprig het, het N$7 miljoen gekos.

Die omgewingsvriendelike aanleg kan 500 liter suurstof berg en die hele Hardapstreek sal volgens burgemeester Adam Kuhlman by die ontwikkeling baat.

Die staat gaan ook ‘n 10-bed hoësorgeenheid by die hospitaal oprig. – Elizabeth Joseph

Oshakati

Polisie skud weer skool

‘n Hernude verrassingsklopjag, die keer by die koshuis van die Hoërskool Mweshipandeka op Oshakati, het whiskey, messe en vermoedelik gesteelde selfone opgelewer.

Die skool is berug vir beweerde bendebedrywighede.

Insp. Thomas Aiyambo het gesê die kinders is die leviete voorgelees. Ouers moet volgens hom ook wangedrag rapporteer. – Tuyeimo Haidula

Keetmanshoop

Toetsreëls bly te streng

Oorgrens-vragmotorbestuurders voel owerhede kan Covid-19-toetsreëls steeds verder verslap om hul uitgawes en frustrasie te verminder.

‘n Maand se grasie word voorgestel.

Huidige regulasies verg ‘n toets wat nie ouer as ‘n week is nie en beamptes is glo ongenaakbaar; selfs al het ‘n toetsuitslag “‘n uur gelede” verval. - Elizabeth Joseph

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!