KORTNUUS
KORTNUUS

KORTNUUS

Noord-Korea

Kim Jong-oen hou sy belofte

Noord-Korea gaan sy kerntoetsperseel tot niet maak, het dié land se staatsmedia berig. Tonnels, uitkykposte en navorsingsgeboue sal alles vernietig word. Dít volg nadat pres. Donald Trump van Amerika gesê het hy gaan op 12 Junie vir Kim Jong-oen, Noord-Korea se leier, in Singapoer ontmoet. Dit sal die eerste ontmoeting ooit wees tussen 'n dienende Amerikaanse president en die leier van die kluisenaar-diktatuur. Noord-Korea kan volgens Trump uitsien na “vrede en voorspoed” as hy van sy kernwapens ontslae raak. – Netwerk24



Amerika

VSA onderskep twee Russiese bomwerpers

Twee Amerikaanse vegvliegtuie het Vrydag twee Russiese bomwerpers in internasionale luggebied naby die kus van Alaska onderskep. Die Russiese TU-95 Bear-bomwerpers het omstreeks 10:00 'n sogenaamde lugmagidentifikasiegebied sowat 200 myl (321 km) van Alaska se weskus af binnegevlieg, het maj. Andrew Hennessy, woordvoerder van die Kanadese weermag, in 'n mediaverklaring aan CNN gesê. Twee NORAD F-22 vegvliegtuie in Alaska het dit onderskep en as Russiese bomwerpers geïdentifiseer. Hulle het die bomwerpers dopgehou totdat die vliegtuie die identifikasiegebied verlaat het. Die bomwerpers het gevolglik nooit die Amerikaanse lugruimte betree nie. – Netwerk24



Amerika

Amerikaanse tiener vasgetrek ná hy leerling skiet

Nog 'n tienerseun is Vrydag in hegtenis geneem ná 'n skietery by 'n Amerikaanse skool in Kalifornië. Volgens polisie is 'n 14-jarige seun weens die skietery by die Highland High School in Palmdale in hegtenis geneem en is op 'n vuurwapen beslag gelê.

KTTV berig dat 'n leerling in die arm geskiet is. Kapt. Darren Harris van die Los Angeles County het gesê die skietery hou glo verband met 'n rusie tussen die slagoffer en die skieter. “Die slagoffer sal na verwagting ten volle van sy besering herstel,” het hy gesê.

Volgens Fox News is die polisie net ná 07:00 na die toneel uitgeroep toe 'n man met 'n vuurwapen op die hoërskool se terrein opgemerk is. Die skool het ongeveer 4 000 studente. Die skoolhoof het kort daarna getwiet dat die polisie besig is om die skoolkinders met hulle ouers te herenig. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!