Kortnuus 13 Augustus 2021
Kortnuus 13 Augustus 2021

Kortnuus 13 Augustus 2021

Dani Booysen
Oniipa



Drie raadslede vas oor aanstellings



Beweerde korrupte aanstellings het drie lede van Oniipa se dorpsraad in die selle laat beland.

Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het burgermeester David Kambonde, sy adjunk, me. Hileni Idhogela, en mnr. Thomas Matsi, voormalige voorsitter van die bestuurskomitee in hegtenis geneem ná 'n omvattende ondersoek na beweringe van wanpraktyke.

Die trio is in Ondangwa aangekla is en vry op borgtog van N$5 000 elk. Hulle moet op 7 September weer verskyn.



Windhoek



Hof sê later oor ACC, ECN



Regter Collins Parker sal op 31 Augustus uitspreek gee in die dringende hofaansoek deur sewe opposisiepartye dat die regering se heraanstelling van die direkteure van die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) en die aanstelling van nuwe verkiesingskommissarisse onwettig is.

Mnr. Nico Smit van die PDM was ontevrede dat die saak sal wag tot kort voor die Nasionale Vergadering sy werk moet hervat.

Opposieparty het uitgestap voordat Swapo die besluite deur die parlement gestoomroller het. - Jemima Beukes



Rundu



Erwe vir Nam se blitse



Die bestuurskomitee van die Rundu-dorpsraad het Dinsdag besluit om erwe aan naellopers Christine Mboma en Beatrice Masilingi toe te ken as erkenning vir hul prestasie by die Olimpiese Spele.

Die erf is 1 248 vierkante meter groot en sal vir die twee atlete verdeel word. Die eiendom is in Kaisosi Uitbreiding 9 geleë en behoort aan die munisipaliteit.

'n Dorpsraadsitting moet nog die besluit goedkeur. Die regering sal ook die skenking moet onderskryf.

- Kenya Kambowe



Walvisbaai



Moeg vir lewe in tenthuise



Inwoners van die Otweya-nedersetting, voorheen bekend as Twaloloka, is 'n jaar nadat 'n reusebrand hul sinkhuise vernietig het keelvol vir die tente waarin hulle sedertdien woon.

Brandslagoffers sou op 10 Augustus na huise trek wat deur die regering befonds is. Die 141 wonings sal nou eers in September voltooi wees.

Sommige inwoners is ontevrede oor sekere name op die lys van begunstigdes. – Leandrea Mouers, Erongo 24/7

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer