Kortnuus 13 Oktober 2021
Otjomapenda
Vier leeus vergiftig
Die polisie het Sondag en Maandag twee verdagtes in die Kunenestreek se Ehirovipuka-bewaringsgebied aangekeer nadat die karkasse van vier leeus en twee hiënas by die Otjomapenda-veepos ontdek is.
Die diere is vermoedelik vergiftig.
Die karkasse, toegepak onder klippe, is die naweek ontdek nadat die leeus se nekbande ophou seine stuur het.
Nog diere is moontlik vergiftig.
– Nampa
Keetmanshoop
Begrip vir oudstes se stryd
Gelyke toegang tot moderne, digitale tegnologie kan senior burgers se lewens vergemaklik.
||Kharas-goewerneur Aletha Fredericks het Vrydag die boodskap gebring aan 30 ou mense tydens die viering van Wêrelddag vir Ouer Mense by die Daan Viljoen-tehuis op Keetmanshoop.
Covid-19 het volgens Fredericks ook gehelp om groter begrip vir ou mense se uitdagings te kweek. – Nampa
Swakopmund
TVET benodig groter stukrag
Relevante tegniese en beroepsonderwys en -opleiding (TVET) sal Namibië beter vir hedendaagse uitdagings voorberei.
TVET is daarom volgens dr. Itah Kandjii-Murangi, minister van hoër onderwys, tegnologie en innovering, 'n belangrik deel van die Harambee-plan.
Sy was aan die woord tydens die bekendstelling van volgende jaar se WorldSkills Africa-kompetisie wat in Swakopmund sal plaasvind. – Nampa
Korreksie
Film nié Nam se nominasie
In gister se berig “The White Line maak debuut in VSA” is verkeerdelik gestel dat die film meeding om Namibië se plaaslike keuse vir die Amerikaanse Oscar-toekennings te wees.
Net rolprente wat vanjaar vrygestel word, sal vir die benoeming meeding. The White Line is wel op sy eie ingeskryf in die algemene afdelings van die Oscars.
Ons vra om verskoning sou enigeen aanstoot hierby geneem het. - Republikein

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie