Kortnuus 14 Julie 2021
Kortnuus 14 Julie 2021

Kortnuus 14 Julie 2021

Dani Booysen
Windhoek

Myne se ekspo uitgestel

Die Kamer van Mynwese het Vrydag aangekondig dat vanjaar se mynbou-ekspo gekanselleer is.

Die geleentheid sou op 1 en 2 September plaasvind.

Die kamer sê sy besluit is deur die derde golf van Covid-19-infeksies genoodsaak, wat dalk eers in September sy piek sal bereik. Veiligheid in die bedryf en die van uitstallers en besoekers is volgens die kamer belangriker.

‘n Virtuele mynboukonferensie word wel vir 1 September beplan. - Nampa

Opuwo

Nuwe raadslid ingesweer

Mnr. Uakaisiua Melchizedek Muharukua van die Popular Democratic Movement (PDM) is as nuwe streekraadslid vir Opuwo se landelike kiesafdeling ingesweer.

Die PDM het die setel behou in ‘n tussenverkiesing op 2 Julie. Muharukua het net meer as twee derdes van stemme (2 330 uit 3 451) op hom verenig.

Hy het onderneem om na almal se behoeftes om te sien en eenheid na te streef vir almal in die Kunenestreek se opheffing. – Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!