Kortnuus 22 Junie 2021
Opuwo
Wagte eis N$4 meer per uur
Sekuriteitswagte het tydens die lonekommissie se sitting op Opuwo 'n verhoging in hul lone van N$10 tot N$14 per uur voorgestel.
Dit is 'n verhoging van 40%.
Wagte het ook gekla oor swak behandeling deur werkgewers, onwettige aftrekkings, die afwesigheid van werkskontrakte en die weiering van menslikheidsverlof wanneer 'n krisis in die familie opduik.
Volgens mnr. Marius Kudumo, voorsitter van die kommissie, word soortgelyke getuienis landwyd gehoor sedert die huidige ondersoek na 'n nasionale minimumloon begin het.
Hy het opgemerk dat besighede wat tenders van die staat ontvang dikwels nie die minimumloon in die bedryf eerbiedig nie. Die regering moet sulke werkgewers volgens Kudumo aantree. – Nampa
Blouwes
Koshuiskinders kry komberse
Hochland 154 Roundtable het 390 komberse aan die streekkantoor vir onderwys, kuns en kultuur in die //Kharasstreek geskenk.
Negentig van die komberse is aan koshuisleerlinge van die Laerskool Blouwes oorhandig.
Streekdirekteur /Awebahe //Hoeseb het dank vir die skenking betuig. Hy het gesê die komberse moet mooi opgepas word sodat ander leerlinge dit vir nog baie winters kan benut.
Volgens skoolhoof Andy Gariseb moes sommige kinders komberse deel.
Vyf ander laerskole sal ook by die skenking baat. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie