Kortnuus 22 Oktober 2021
RUNDU: MEER AS 500 TIENERS SWANGER
Verlede jaar is 520 tienerswangerskappe in Kavango-Oos deur onderwys aangeteken.
Volgens mnr. Adolf Muremi het 97 van die meisies die skool verlaat.
Die totale per skoolkring was: Rundu 167, Shambyu 149, Mukwe 87, Ndiyona 71, Shinyungwe 36 en Kambimba 10.
In Kavango-Wes was daar 554 tienerswangerskappe. Net Omusati (564) het meer gevalle gerapporteer.
– Nampa
GEINGOB: GEEN VILLA IN PORTUGAL
Pres. Hage Geingob het Woensdag aantygings deur prof. Joseph Diescho ontken dat hy 'n luukse woning in Cascais aan die Portugese Riviera besit.
Geingob het tydens sy afskeid aan die Portugese ambassadeur, mnr. Fernando De Gouveia Araújo, gesê “hy (Diescho) moet die nonsens stop. Ek wens ek het,” het die staatshoof opgemerk.
Cascais is 'n munisipaliteit in die distrik van Lissabon. – Nampa
OKAKARARA: ERWE IS NIE VIR SPEKULASIE
Die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE) het Maandag 40 nuwe huise op Okakarara aan eienaars oorhandig.
Adjunkminister Natalia /Goagoses het gesê dis teenproduktief om grond aan mense toe te ken wat dit bloot verkoop om 'n wins te maak.
Volgens haar is Namibië 100 000 huise agter wat konstruksieteikens betref. NHE wil teen 2030 'n totaal van 47 622 huise bou.
– Enzo Amuele
OVITOTO: LAASTE ENT NA MIDGARD IN 2022 GETEER
Die eerste fase van die teerpad tussen Okahandja, Ovitoto en Okandjira is vroeg in Oktober amptelik in gebruik geneem.
Bouwerk aan fase twee, die 25 km tot by Midgard, sal volgende jaar begin. Die eerste fase is 41 km lank.
Mnr. James Uerika, goewerneur van Otjozondjupa, het gesê Ovitoto sal nou nie weer tydens vloede van hoofroetes afgesny word nie.
– Enzo Amwele

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie