Kortnuus 24 Desember 2021
Kortnuus 24 Desember 2021

Kortnuus 24 Desember 2021

Dani Booysen
Windhoek



Regslui kies nuwe leiers



Die land se prokureursorde, die Regsgenootskap van Namibië (LSN), het op 26 November by sy jaarvergadering nuwe raadslede verkies.

In die foto is (v.l.n.r.) mnre. Heinrich Jansen van Vuuren (voorsitter), Pius Iikwambi, mee. Suné de Klerk, Ester Kuugongelwa, Clive Kavendjii (ondervoorsitter), Josefina Nekongo en dr. Ndatega Asheela-Shikalepo.

Kavendjii, De Klerk, Nekongo en Asheela-Shikalepo is nuutverkose en sal tot 2023 dien. Ander lede se termyne verstryk in 2022. – LSN



Oshakati



Spesiale entveldtog vir Noorde



Die nasionale uitsaaier, die NBC, sal tydens die feesseisoen 'n spesiale veldtog in die vier O-streke voer om die digbevolkte gebied se inentingskoers teen Covid-19 te verbeter.

Omusati, Ohangwena, Oshana en Oshikoto het saam met Kavango-Oos en die Zambezistreek die laagste inentingskoerse.

Volgens me. Johanna Haimene, Oshana se gesondheidsdirekteur, is dit meestal ou mense wat opdaag en nie die jeug nie, ondanks die uitreik na jeugorganisasies. – Nampa



Ncamangoro



Een uit drie bring stemme uit



Swapo behou die Kavango-Wes se streekraadsetel vir Ncamangoro nadat mnr. Thomas Rengi in Vrydag se tussenverkiesing hier 72% van stemme op hom verenig het.

Hy neem die leisels oor by wyle mnr. Johannes Sikondo.

Uit 3 818 geregistreerde kiesers het 1 283 (34%) hul kruisies getrek. Daar was 15 bedorwe stemme.

Ander kandidate se stemme: Moses Nyundu (onafh.) 153, Domingo Chimbango (PDM) 105, Ladislaus Shindimba (onafh.) 79, Andreas Tjiwana (IPC) 19. – ECN

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!